Gallery
ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het Vrydag, 4 Februarie 'n suksesvolle atletiekbyeenkoms gehou.
Aan die einde van die byeenkoms was dit die Blouspan wat die meeste punte ingesamel het, maar die Groenspan het hul kant gebring en die geesbeker verower.
Verskeie rekords is verbeter en 'n groot aantal leerders het gekwalifiseer om aan die Hessequa-atletiekbyeenkoms deel te neem.
Fotogalery: Hoërskool Albertinia atletiekbyeenkoms
Foto's: Johan Victor
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'