STILBAAI NUUS - In Stilbaai aan die Oostekant by Tuin-Op-Die-Brak kan jy die presiese tyd bepaal deur eenvoudig op 'n spesiaal geboude klipstruktuur te staan.
Die presiese uitleg is gedoen met die hulp van satelliete en noukeurige meetwerk.
Ongelukkig moet jy 'n sonskyndag kies as jy dit wil beproef, want jou skaduwee is baie belangrik.
Dit is egter die moeite werd en gebruik sommer die tyd om hierdie pragtige tuin te verken.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’