Video
STILBAAI NUUS & VIDEO - Hessequa Munisipaliteit het die Nasionale Seereddings Instituut as diensverskaffer aangestel om lewensredders op al sy strande te ontplooi.
Volgens Mnr Grant Riddles, Uitvoerende Burgermeester van Hessequa Munisipaliteit, kom 'n lewe eerste en die Nasionale Seereddings Instituut is by verre meer gekwalifiseerd as 'n munisipaliteit as dit by lewensredding kom.
Die lewensredders sal vanaf Saterdag 9 Desember daagliks aan diens wees op al die swemstrande van Hessequa tussen 09:00 en 18:00 tot na die vakansie.
VIDEO: Johan Victor
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’