STILBAAI NUUS - Duisende vakansiegangers het van Vrydag 5 Januarie die terugtog begin aanpak na hulle vakansie in Stilbaai.
Daar het egter nog heelwat vakansiegangers die stiller tyd benut en die hawemuur was 'n gunsteling.
Hierdie gesin is nie deur die gure weer afgeskrik nie en het bietjie lyn natgemaak.
Mamma het kort na die foto geneem is gespog met die blaasoppie wat sy gevang het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’