Teen ongeveer 15:30 was meer as die helfte, ongeveer 800+ kiesers deur die stemlokaal by die burgersentrum op Riversdal, waar twee lokale ingerig was om kiesers te kon akkomodeer en daar nie 'n opeenhoping sou wees nie.
Volgens OVK-beamptes het hulle geen probleme ondervind nie en het die stemmery rustig verloop, met kiesers wat met tussenposes opgedaag het en daar geen lang toue was waar hul te lank moes wag nie. Verteenwoordigers van die onderskeie partye was dit eens dat alles rustig verloop het en dat hul tevrede was met die opkoms van kiesers.

Lindele Somkhala Davy Paige en Yandisa Mpakama op Heidelberg het ook hul stem uitgebring. Foto: Clive Pretorius, korrespondent.
ARTIKEL EN FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR