HEIDELBERG NUUS - Die Demokratiese Alliansie (DA) het Saterdagoggend 2 Maart sy verkiesingsveldtog vroeg hier in Heidelberg afgeskop.
Lede en raadslede van Hessequa-munisipaliteit, waaronder Grant Riddles, Hessequa se uitvoerende burgermeester, het saam met Tertius Simmers, Wes-Kaapse DA-leier en ook dié provinsie se minister van infrastruktuur, die eerste skote vir 2024 se provinsiale en nasionale verkiesing gevuur.
Die groep van nagenoeg 30 DA-aktiviste het hul verkiesingsveldtog in Diepkloof afgeskop met, onder andere, die aanbring van verkiesingsplakkate teen lamppale in die woonbuurt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’