Iona Ditcham (77) van Edenvale se oorskot is in haar huis in Erasmusweg gevind toe ’n buurman Donderdag die Ekurhuleni-metropolisie na die perseel ontbied het. Hy wou eintlik ontslae raak van ’n plakker wat in ’n houthut op die vervalle erf nesgeskop het.