Hy het ook vertel dat daar sowat 10 000 ingenieurs by BMW se aanleg werk en dat tot 800 soms aan een projek toegewys is, soos die motorfietse wat onthul is.
Die BMW R1200 GS motorfietse het vyf standaard-instellings vir reën of gewone padtoestande wat maklik gekies word met heeltemal verskillende dinamiese hantering - byna soos om twee motorfietse te besit, volgens BMW Motorrad.
Eienaars van Suid-Afrikaans motorfietse vereis baie meer met talle verskillende oppervlakke, lang afstande en soms 'n behoefte aan spoed. Dit word dikwels moeilik verstaan in Europa, maar baie navorsing word vir elke nuwe produk onderneem, het Botha gesê.
"Met die Adventure 1200 word meer motorfiets in minder ingepas. Dit is ligter, maar ook met meer eienskappe. Baie innovasie is ook te danke aan die ontwikkeling van die motors," het hy afgesluit.
Die motorfietse kan besigtig word by Lynn Schroeder se vertoonlokaal in Glazestraat, George.
FOTOGALERY
.jpg)
Bekendes in ernstige motorfietskringe: Linda en Peter Geweld bekyk die nuwe motorfiets intens!
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'