RIVERSDAL NUUS - Die volgende veiligheidswenke is deur Riversdal-polisie verskaf:
Algemeen
- Moenie alleen in die donker loop nie.
- Maak seker jy ken al die noodnommers.
- Wees bedag op vreemde persone en voertuie en rapporteer verdagte persone.
- Voorkom aanranding of verkragting deur nie alkohol of dwelms te gebruik nie.
Geldsake
- Moenie met groot bedrae geld in jou besit rondloop nie.
- Wees op jou hoede vir slenters waarmee skelms jou geld wil bekom.
- Wees op jou hoede by 'n kitsbank en moenie 'hulp' van vreemdelinge aanvaar nie.
Huis
- Maak jou huis se vensters toe en sluit die deure wanneer jy die huis verlaat.
- Moenie groot bedrae geld en waardevolle besittings in jou huis bêre nie.
- Sluit vuurwapens in die kluis toe.
- Stel die bure en polisie in kennis wanneer jy uitstedig gaan wees. Gee vir hulle 'n kontaknommer.
- Moenie wendyhuise of ander strukture per advertensie koop en daarna gaan kyk nie.
Motor
- Maak jou motor se vensters toe en sluit die deure wanneer jy êrens uitklim.
- Moenie waardevolle artikels in die motor los waar dit sigbaar is nie, sluit dit liewer in die kattebak toe.
Die polisie vra hulpwerkers wat ook bereid is om met die jeug te werk, om na vore te kom. Kontak konst. Venia Daries by 028 713 8500.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'