Dinsdagoggende kom oud- en nuwe afgetrede lede bymekaar om nege putjies gholf te speel.
Die kompetisie word gebruik om nuwe lede bekend te stel aan bestaande lede, asook om lede wat begin gholf speel aan kompetisies bloot te stel. Die reëls en etiket van die spel word ook op 'n gereelde basis hanteer.
Die jaarlikse kampioenskap, wat op Dinsdag, 6 November plaasgevind het, word gehou vir alle klublede wie nie meer werk nie.
Enige ander spelers was welkom om mee te ding vir die pryse, maar kon nie kwalifiseer vir die trofee nie. Die reëling het in 2008 in werking getree. Voorheen was dit 'n ope toernooi en kon enige speler die trofee wen. Die hoofborg vir die afgelope vyf jaar was Pinoc Jacobs.
Die mede-borg vanjaar wat die waarde van die prystafel tot R4 600 laat rek het, was Stilbaai Spar. Elk van die deelnemers het 'n prys ontvang. 'n Groot dank is verskuldig aan die borge, sonder wie die toernooi nie so suksesvol sou wees nie.
Na afloop van die spel is daar heerlik gebraai. Die dag was 'n reuse sukses en al die deelnemers sien uit na volgende jaar se toernooi.
Die resultate soos volg:
1. Des Rademan (43 punte - kampioen 2012); 2. Gert Willemse (41 punte); 3. Kadoems du Preez (10 punte); 4. Bets Calitz (39 punte) en 5. Rodney Page (39 punte).

Peet Duncan, Des Rademan (Werklos kampioen), Pinoc Jacobs (hoofborg) en Bruce Waldeck. Foto: Gavin Bayman.