RIVERSDAL NUUS - Gelukkig het die verwoesting wat die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel het nie dié dorp en die Hessequa-streek getref nie, maar water hét uit die hemel gestort, om plek-plek te seën en elders te verwoes.
Inwoners van Albertinia tot Witsand, het die naweek van 30 tot 50 mm reën gemeet.
Die skade aan mens en dier is gering, maar bome is ontwortel, talle geute het onder die gewig van nat blare geval en reën het huise binnegedring waar daar nooit voorheen ‘n lekkasie was nie.
Hier en daar is stormdreine oorspoel.
Tydens stormweer is kragonderbrekings nie vreemd nie. Dit is gevaarlik en ongerieflik én veral ‘n finansiële verlies en las.
Daar word nóg groot reën en gevaarlike windspoed tot Woensdag voorspel.
Wees paraat.
Hou die nodige noodnommers byderhand en meld skade en uitdagings aan.
- Raadgewende hulp: 028 713 2222
- Ongelukke, brande en rampe: 084 014 1828
- Ambulansdiens: 028 713 4554
Wees mekaar se hoeder - en bly veilig!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’