HEIDELBERG NUUS - Nadat inbrake in die gebied toegeneem het, het ao. Alroy Windvogel van die plaaslike polisie 'n waarskuwing aan inwoners gerig.
Inwoners en huiseienaars van die dorp, sowel as Witsand, moenie vir vreemdelinge werksgeleenthede, byvoorbeeld tuinwerk gee nie.
"Mense moet hul huise gesluit hou. Maak jou motorhuis se deure toe en hou hekke gesluit," het hy gesê.
Inwoners van vakansiehuise, huise wat leeg staan en wanneer hulle met vakansie weggaan, moet hul huise by die polisie op 'n register gaan registreer.
Sodra dit op dié register is, moet die polisie daardie huise op 'n gereelde basis besoek.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'