Gallery
HEIDELBERG NUUS - Herstelwerk aan die drie laewaterbrûe oor die kanaal en die aansluiting daarvan voor die N2 in die Duivenhoksrivier, is onlangs voltooi en amptelik op Vrydag 8 September tydens ’n ter plaatse perseelbesoek aan die munisipaliteit oorhandig.
Shahida Kennedy, bestuurder: siviele tegniese beplanning het ’n kort oorsig van die projek gegee, asook die uitdagings wat hulle voor en tydens die voltooiing van die R14 miljoen-projek ervaar het.
'n Ingenieur van WEC Consult, Zander van Taak het verduidelik dat herstelwerk die opgradering van die laagwaterbrûe van Van Aardt-, Krige- en Swartstrate ingesluit het.
Die moontlikheid van toekomstige vloedskade aan privaat, asook munisipale eiendomme vanaf die rivier tussen die drie paaie was ook aangespreek met die intensiewe ondersoeke tydens die opgraderingswerke.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'