Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Klompie veteraanmotors op pad van Kaapstad na George se Oumotorskou het Vrydag 7 Februarie vir groot opwinding gesorg toe hulle ook hier aangedoen het.
“Die verlengde toer is vir die eerste keer in samewerking tussen die Suid-Kaap Oumotorklub en die Crankhandle-klub in Kaapstad aangepak,” het Philip Kuschke, organiseerder van die Veteraantoer gesê.
Reënbuie het dié 15de Veteraantoer ’n uitdaging gemaak, want baie van die voertuie wat doerie tyd vervaardig is, se deure het nie ruite wat ’n mens kan opdraai nie.
Fotogalery: Veteraantoer kuier in Riversdal
“Ons het so bietjie natgereën vanoggend,” het Phillip Rosser, lid van die Suid-Kaap Oumotorklub gesê. “Ons ry maar stadig, so die oop karre veral is maar ’n natterige besigheid. Daar is nie ruitveërs nie en ’n mens moet in hierdie weer maar versigtig ry,” het Phillip Rosser, lid van die Suid-Kaap Oumotorklub gesê.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'