Breaking News
TUINROETE NUUS - Dale Ronald Harmse, die Gautengse man wat homself na bewering as 'n advokaat voorgedoen het en 'n plaaslike sakeman glo uit R500 000 geswendel het, het vanoggend uit die polisieselle in Mosselbaai ontsnap.
Harmse kom ook in Mosselbaai op klagte van bedrog en ontvoering voor.
Sy saak in Oudtshoorn sou op 29 November voort gegaan het.
Die Oudtshoorn Courant het vanoggend vertroulik verneem dat Harmse uit die polisieselle ontsnap het na hy glo homself as 'n ander persoon voorgedoen het.
Die polisie in Mosselbaai is tans besig om na hom te soek.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie. 'n Navraag is aan die polisie gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'