STILBAAI NUUS - 'n Ongeluk waarby drie voertuie Vrydagmiddag 5 Januarie op die N2 tussen Albertinia en die Stilbaai afdraai betrokke was het die druk verkeer ure lank ontwrig.
Sover bekend is een persoon in die hospitaal opgeneem.
Vakansiegangers wat teruggekeer het huistoe moes op 'n stadium stilstaan in beide rigtings terwyl die toneel opgeruim is. Daarna was dit 'n stop en ry stelsel totdat die laaste voertuig teen halfvyf verwyder is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’