RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het die volgende punte saamgestel om boere te help om hulle en hul gesin se veiligheid op plase te probeer verseker:
• Sorg dat u 'n werkbare gebeurlikheidsplan het oor wat om te doen, sou u 'n slagoffer van 'n plaasaanval word;
• Let op na u onmiddellike omgewing, soos plantegroei of ander dinge wat skuiling aan aanvallers kan bied.
• Sorg vir voldoende omheinings en diefwerings wat vertraging kan bewerkstellig.
• Beligting om die opstal, met die wenslike skynrigting weg van die opstal af - sodoende bly u in die skaduwee.
• Skakel binneligte af en buite ligte, GKTV (geslotekringkameras)of 'n noodalarm aan indien onraad vermoed word.
• Sluit by 'n WhatsApp-groep in u omgewing aan.
• Hou rekord van plaaswerkers en stukwerkers.
• Raak vertroud met u buurman en sy erf.
• Sorg vir goeie kommunikasiemiddele soos selfone en radios.
• Word deel van landelike beveiligingstelsels en help om dit suksesvol te laat funksioneer.
• Hou noodnommers byderhand.
• Ken jou vuurwapen en die wetlike aspekte.
• Maak die huis se gordyne toe voor donker.
• Handhaaf 'n goeie werknemer/werkgewer verhouding.
• Stel jou bure in kennis wanneer u die plaas verlaat vir vakansie of as u vir 'n onbepaalde tyd van die woning af weg gaan wees.
• Waghonde, sowel as ganse bly 'n goeie waarskuwingstelsel.
• Streng toegangsbeheer op plase is belangrik om u en u werkers se veiligheid te beskerm.
Onthou: As die huiseienaar geweet het watter tyd van die dag die dief sou kom, sou hy wakker gebly het en nie toegelaat het dat daar by sy huis ingebreek word nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'