Update
ALBERTINIA NUUS - Albertinia-polisie en nooddienste moes twee dae opeenvolgend verlede week na die N2-snelweg haas waar twee vragmotors in afsonderlike voorvalle, motoriste benoude oomblikke laat beleef het.
Die pad, ongeveer 5km vanaf Albertinia, rigting Riversdal moes Donderdagmiddag, 19 November gesluit word toe 'n vragmotor en sy sleepwa regoor die pad geknipmes en verkeer tot stilstand gedwing het.
Adjudant offisier Ciska Badenhorst, Albertinia-polisie se kommunikasiebeampte het verduidelik dat die vragmotorbestuurder probeer het om 'n U-draai te maak. Dit was een van verskeie wat tans voer by silos in die Hessequa-streek aflaai.
'n Ligte vragmotor het Vrydagmiddag, 20 November op die N2 omgeslaan. Dit het ook ongeveer 5km vanaf Albertinia plaasgevind.
Badenhorst het gesê twee groot vragmotors was na bewering besig om mekaar verby te steek. "Die aankomende ligte vragmotor moes uitswaai en die bestuurder het beheer verloor, waarna dit omgeslaan en langs die pad tot stilstand gekom het."
Nie een van die twee insittendes is beseer nie.
Die ligte vragmotor wat Vrydag omgeslaan het.
Vorige artikel: Voer lorrie knipmes op N2
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'