HESSEQUA NUUS - Die matriekklas van 2019 het gister, Woensdag 8 Januarie, hul amptelike uitslae ontvang.
Hier is die top presteerders in Hessequa:
Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool
Die top slimkop Janine Hill sê Ekonomie was haar gunsteling vak. Sy beoog om by die Potchefstroomkampus van Noord-Wes Universiteit onderwys te studeer. Haar ma Magdalena Abelse het deur trane van trots en blydskap vertel sy het gedink haar dogter gaan tweede eindig soos meestal deur die jaar gebeur het, maar dié tweede oudste kind van haar het oortuigend bewys sy kan bo uitkom.
Edwin Herdien wat tweede geëindig het se kos was volgens hom Wiskunde, al was dit soms moeilik om te verstaan. Sy toekomsplanne is 'n graad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch.
Relton Damons wat die derde hoogste punte behaal het sê hy het Geografie die interessantste gevind. Hy begin binnekort 'n kursus in menslike hulpbronne by Suid-Kaap Kollege, waarna hy in 2021 hom as onderwyser wil bekwaam.
Hoërskool Langenhoven
Willandri Hanekom het met 91,7% en 9 onderskeidings die beste gevaar. Mari van Tonder was met 87,8% en 8 onderskeidings in die tweede plek en Jaime Nicholls met 87,5% en ook 8 onderskeidings was 'n kortkop agter.
Wilandri Hanekom.
Mari van Tonder.
Jamie Nicholls.
Hoërskool Heidelberg
Keacha Oliphant het met vier onderskeidings die beste gevaar. Die vakke is Afrikaans, Engels, Lewenswetenskap en Lewensonderrig. - Alex Marshall, korrespondent
Keacha Oliphant.
Hoërskool Albertinia
Jacobus Maritz wat as die dux-leerder van 2019 aangewys is, sê hy het dit glad nie verwag nie. Hy wil in die VSA gaan werk om geld vir studies te bymekaar te maak. Hy stel in programmering vir rekenaarspeletjies belang. - Michelle Spies, korrespondent
Jacobus Maritz.
Kairos Senior Sekondêre skool
Erica Arendse het die beste gevaar met 'n slaagpersentasie van 77% en vier onderskeidings. Neroesjke Atler was tweede met 68% en een onderskeiding. Shaun-Mari du Toit was in die derde plek met 64,7% en een onderskeiding. - Clive Pretorius, korrespondent
Van links: Neroesjke Atler, Erica Arendse en Shaun-Mari du Toit
Hoër Landbouskool Oakdale
Henk Smit, die dux-leerder het nege onderskeidings en 'n gemiddeld van 94,6% behaal. Hy gaan aktuariële wetenskap in Melbourne, Australië studeer. Gustav Smit het sewe onderskeidings en 'n gemiddeld van 84% behaal. Hy gaan BSc Fisika in Melbourne, Australië studeer. Sybrand M van Dyk het sewe onderskeidings en 'n gemiddeld van 84,3% behaal. Hy gaan B.Rek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer.
Henk Smit.
Gustav Smit.
Sybrand M van Dyk.
Lees verwante artikels:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'