STILBAAI NUUS - Stilbaai-toerismeburo het onlangs sy 200ste lid verwelkom. Dit is die eerste keer in die bestaan van dié orgnisasie dat 200 lede opgeteken is.
CAT Aluminium & Glass, wat aan Chantell Murray en Riaan Moag behoort, is die 200ste lid.
Die voortbestaan van die toerismeburo in Langenhovenstraat, waar die varswaterpalings daagliks om 11:00 gevoer word, se voortbestaan hang van sy lede af.
Toerisme speel ’n uiters belangrike rol in dié vakansiedorp.
Die toerismekantoor dien ook as inligtingsentrum.
Hulle doen ’n beroep op alle besighede om as lid aan te sluit.
Skakel die toerismekantoor by 028 754 2602 vir meer inligting.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'