STILBAAI NUUS - Die kinders by Small Dreams in Riversdal se gesiggies het gestraal toe die spesiaal aangepaste driewiel by hulle aankom.
Almal wou onmiddellik net op die fiets ry en dit was behoorlik 'n gedoente.
Volgens Zelda Cronjé, eienaar van Stilbaai Kindersentrum, het hulle net gevoel dit is die regte ding om te doen, want die fiets gaan baie kinderharte baie bly maak.
Elmien Mundell van Stilbaai het die fiets vir hulle Riversdal toe gevat, want haar seun Emile is ook by Small Dreams.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’