STILBAAI NUUS - Die gaste by Stilbaai-kindersentrum se wintertee op 1 Junie het 'n heerlike Sondagmiddag in die Melkhoutfontein Gemeenskapsaal deurgebring.
Mammas van die sentrum het gasvrou gespeel en elkeen moes haar tafel dek, versier en sorg vir die eetgoed vir haar tafel en hulle het hulself oortref.
Die tafels het gekreun onder al die heerlike koeke, terte, soet- en soutgebak, te veel om op te noem.
Dan was daar natuurlik ook twee baie inspirerende gassprekers, naamlik Elsa Cronjé van Take a Leap Coaching en Amanda Jordaan, bekende en beminde pastoorsvrou van Melkhoutfontein.
Zelda Cronjé, hoof en eienaar van die kindersentrum, sê dat hulle 110 kaartjies verkoop het en dat die opbrengs aangewend word om verbeteringe by die kindersentrum aan te bring.
Meer inligting rakende die Stilbaai-kindersentrum, 'n dag- en nasorgsentrum, sal jy vind op hulle facebook blad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’