HESSEQUA NUUS - Die staking deur werkers van Southern Oil (Soill) op Swellendam wat Vrydagoggend 17 Mei begin het, is op Donderdag 23 Mei afgelas.
Dit volg na suksesvolle onderhandelings tussen Soill en die werkersvakbond, BAWUSA.
Volgens Erin Drayton, Soill se openbare betrekkinge beampte bedank die bestuur die vakbondleiers vir die produktiewe samesprekings wat tot voordeel van die plaaslike werkers sal strek.
Hulle bied ook verskoning aan al hulle kliënte en individue wat negatief deur die staking geraak is. Hy het benadruk dat die bestuur daarna uitsien dat produksie weer na normaal sal terugkeer.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'