Gallery
RIVERSDAL NUUS - Small Dreams is 'n nie-winsgewende dagsorgsentrum vir kinders met spesiale behoeftes wat hul eerste verjaardag op 22 November gevier het.
Outisme, Down-sindroom en ADHD is net 'n paar van die tipe behoeftes waarmee die sentrum werk.
Tammy Kleynhans, onderwyser en bestuurder van die sentrum het gevoel dat daar 'n behoefte vir so sentrum is. Die hoofdoel van die skool is om die kinders op 'n unieke manier te leer waarby hulle kan aanpas.
Omdat die sentrum nie-winsgewend is nie het hulle borge nodig.
Indien jy meer wil uitvind, skakel Kleynhans by 082 898 4246 of stuur 'n e-pos na tammy@small-dreams.co.za.
Die sentrum is in Oosthuizenstraat geleë en hul Thundafund profiel is aktiveeer vir mense wat donasies wil maak. Volg dié skakel: http://www.thundafund.com/project/small-dreams.
"Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus."