STILBAAI NUUS - 'n Projek genaamd “Art on the Move”, onder leiding van Sonja Margerison het ten doel nie slegs om plekkies in Melkhoutfontein te verfraai nie, maar bied ook hoop vir kunstenaars.
Die Stilbaai afdeling van die Hessequa-kunsroete het die projek van stapel gestuur.
Met die opgradering van die Melkhoutfontein sportgronde was hierdie die ideale geleentheid om die mure om die sportveld te verfraai.
Die muur bestaan uit 250 blokke, 1.8 meter hoog en 1.2 meter breed. Al die kunstenaars betrokke gee hul talente en tyd vrywillig aan die projek.
As gevolg van die grootte van die projek, word nog spuitverf en buiteverf benodig.
Belangstellendes kan vir Margerison (072 222 4168) skakel vir enige bydrae, groot of klein.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'