ALBERTINIA NUUS - ‘n Bekende fotograaf van Albertinia en ook vryskutskrywer vir Suid-Kaap Forum, Mariska Visagie is Woensdag, 25 Mei weereens as Beste Ateljeefotograaf in die Tuinroete op 25 Mei aangewys.
Sy het hierdie toptoekenning met die African Excelllence Awards 2022 wat deur MEA Markets aangebied word, ontvang.
Dit is die derde toekenning wat Mariska vir haar uitsonderlike foto's oor die afgelope drie jaar ontvang.
MEA Markets se navorsingspan versamel inligting onafhanklik van 'n verskeidenheid openbare toeganklike bronne, saam met enige materiaal wat deur die party of genomineerde self verskaf word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'