STILBAAI NUUSFLITS - Nadat drie mak varswaterpalings by die Palinggat-opstal deur ‘n dier gevang en doodgemaak is, het die Stilbaai Toerismeburo borgskappe vir ‘n elektriese heining ontvang om sodoende gediertes uit te hou.
Danksy die Stilbaai se Bewaringstrust en Elfrieda Muller se bydraes kon die nodige toerusting aangeskaf word, terwyl Paul de Villiers die installasie sal behartig.
‘n Watermuishond is intussen in een van die twee hokke gevang, maar ottermis is ook naby die heining gekry en kan nie met sekerheid gesê word watter dier vir die palings se dood verantwoordelik is nie. Die watermuishond is elders vrygelaat.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n vorige artikel: Palings word bedreig deur onbekende dier
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'