Altesaam 7 352 besoekers het by die Palinggat Opstal aangedoen teenoor die vorige jaar se 5 352. Hieruit was 555 oorsese besoekers. Die voer van die palings lok steeds heelwat belangstelling en het 2 654 mense dié aktiwiteit besigtig. Daar is 1 320 akkommodasie verwysings gedoen vanuit die buro en 3 011 telefoonoproepe ontvang met toerisme navrae.
Besoeke aan Stilbaai Toerisme se webtuiste het gegroei met 56% met 6667 955 hits en 128 984 eerste besoeke. Arrie Combrinck, voorsitter, noem dat die verhoging in die aantal besoekers die belangrikheid van die kantoor en behoefte aan inligting beklemtoon.
Die toerismeburo skakel in by die gemeenskap deur middel van betrokkenheid by projekte soos die Strandloperfees en die kos, kuns en kultuurroetes. Die Palinggat Opstal is ook hierdie jaar tweehonderd jaar oud en is dit herdenk tydens die naweek van die Strandloperfees.
Twee moontlike plekke is geïdentifiseer in samewerking met CapeNature vir die bou van twee voëluitkykplekke. Hessequa Munisipaliteit maak geskiedenis aangesien hulle die enigste munisipaliteit is wat die vermoë het om al hul strande een of ander vorm van blouvlagstatus te laat verwerf. Op Stilbaai het Lappiesbaai en Preekstoelstrande weer volwaardige status ontvang, terwyl die Wes-strand en Jongensfontein beide loodsfase-vlae ontvang het.
Hessequa se nuwe toerisme ontwikkelingsbestuurder, Guillaume Marais het lede kortliks toegespreek en beklemtoon dat elkeen die klein dingetjies moet leef en dat daar geen grense is nie. "Travel seems big on the outside, but you remember the small things".
*IN SHORT
The local tourism office shared positive statistics with members during the annual general meeting last week. According to chairman, Arrie Combrinck visitor numbers increased by 25% with 7 352 visitors to the tourism office at the Palinggat Opstal. The feeding of the eels is still a big drawing card with 2 654 visitors taking part in the activity.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.
Die nuut verkose toerismebestuur is agter van links Henk Liebenberg, Duhne Liebenberg, Rilda Saayman, Danie van Rensburg en Wium Kitshoff. Voor is Carin Louw, Arrie Combrinck, Shelen Wilken en Hannetjie Ferguson (toerismebeampte). Afwesig met neem van foto: Eveleen Nel.
ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'