Update
ALBERTINIA NUUS - Die man wat in gisteraand, 22 Mei om ongeveer 20:00 in 'n ongeluk noodlottig beseer is, is die 32-jarige J Manho van Albertinia.
Volgens kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van die plaaslike polisiestasie het die voorval omtrent 12km buite Albertinia op die Scholtskraal, Herbersdale-pad gebeur.
Die voertuig het die pad verlaat en gerol.
LEES HIER: Man sterf in ongeluk
In 'n ander botsing vroeër dieselfde dag tussen 'n motorfiets en voertuig by die treinspoor is niemand beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'