STILBAAI NUUS - Saterdag 16 November is die ideale geleentheid om alles wat jy nog altyd wou vra oor die NSRI, te wete te kom.
Vanaf 09:00 hou stasie 31 'n ope dag met demonstrasies van hul werksaamhede, waarna die publiek agter die skerms ingenooi word om te sien hoe dinge werk.
Belangstellendes wat as vrywilliger by die NSRI wil aansluit kan ook met die bemanning gesels en meer inligting bekom.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'