HESSEQUA NUUS - ‘n Groot rob is Sondag, 19 Julie naby Gourits opgemerk.
Die S.M.A.R.T-vrywilligers (Stranded Marine Animal Rescue Team) het dadelik ondersoek gaan instel en was aangenaam verras om 'n vroulike Suidelike Olifantrob te vind.
Nadat met dr Greg Hofmeyr by Bayworld bevestig is dat sy nie Zelda was nie (die Ellie wat in Oktober 2019 aan Ziggy geboorte gegee het), is die nuwe besoeker as Gigi aangewys.
Gigi het Dinsdag, 21 Julie na die see teruggekeer.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Foto's: Rene Hodges
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'