HEIDELBERG NUUS - Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) het 'n broodnodige klankstelsel aan die Kairos Senior Sekondêre Skool geskenk.
Thysie February, waarnemende prinsipaal, het in sy bednking gesê die skool kon sò 'n stelsel uit eie fondse bekostig nie, maar dat dit handig te pas kom vir veral hul saalbyeenkomste.
Groot dankbaarheid. Gurswin Cupido, SBA-projekbestuurder (tweede van links), oorhandig die klanktoestel aan Thysie February, waarnemende prinsipaal van Kairos Senior Sekondêre Skool. Leazle September, departementshoof (links) en Antoinette Windvogel, sekretaresse, staan trots by.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'