HESSEQUA NUUSFLITS - Die beskikbaarheid van infrastruktuur in landelike gebiede maak dit moeilik vir die munisipaliteit om juis daar 'n kommunikasie-infrastruktuur op datum te bring.
Die munisipaliteit is tans besig om inligting en noodsaaklike tegniese ondersteuning in te win en gee deurlopend dringende aandag daaraan om dié struikelblokke uit die weg te ruim.
“Die munisipaliteit besef dat kommunikasiestelsels 'n noodsaaklike vereiste by alle gemeenskappe binne die streek is,” sê Susan Geldenhuys, mediawoordvoerder.
Die oplossing vir die veelsydige kommunikasiestelsel probleme vereis 'n geïntegreerde en holistiese benadering.
Geskrewe posstukke aan die munisipale bestuurder het verminder na byna 10 per dag, maar die elektroniese eposse het vermeerder na bykans 300 per dag.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'