Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Dag voor sy 70ste verjaarsdag, op Maandagoggend 13 Augustus is Piet Kortje se liggaam 'n entjie uit die dorp, Riversdal se rigting tussen bosse gevind. Hy het steekwonde aan sy lyf gehad.
'n Moorddossier is geopen en 'n 19-jarige verdagte is in verband met die voorval in hegtenis geneem.
Kortje se saamleefvrou, Julian Tenteni, het aan Suid-Kaap Forum se korrespondent gesê dat sy aanvanklik nie bekommerd was omdat hy nie teruggekom het nadat hy hout gaan optel het nie.
"Hy het gesê hy gaan nog hout optel en toe hy donker nog nie terug was nie, het ek gedink hy het by die kinders gaan kuier. Teen 02:00 was ek al baie bekommerd en het ek 'n niggie gebel om te hoor of hulle weet waar Piet is."
Volgens kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder, is Kortje om 08:00 as vermis aangegee. Van die familie het die polisie help soek en is dit sy dogter en haar man wat op hom afgekom het. Die lykskouing is Woensdag uitgevoer.
Die verdagte het Dinsdag 14 Augustus vir die eerste keer in die hof verskyn.
Die uitslag was teen druktyd nie bekend nie.
Polisievoertuie en die forensiese patalogiese dienste op die toneel. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'