ALBERTINIA NUUSFLITS – Die liggaam van ’n bejaarde man is vroeër vanoggend (Maandag 13 Augustus) ongeveer 3 km buite Albertinia ontdek.
Volgens inligting het hy op verskeie plekke op sy liggaam steekwonde gehad.
Die man se identiteit kan nog nie bekend gemaak word nie, omdat sy naasbestaandes nog nie in kennis gestel is nie.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'