Update
ALBERTINIA NUUS - ‘n 19-Jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op 'n bejaarde man wie se liggaam vanoggend net buite Albertinia gevind is.
Piet Kortje, wie môre sy 70ste verjaarsdag sou herdenk, is vroeg vanoggend in die bosse deur van sy familielede opgespoor.
Hulle het hom omstreeks 08:00 as vermis aangegee en het die polisie met die soektog gehelp.
Kortje het verskeie steekwonde op sy liggaam gehad.
Die verdagte sal more in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Lees 'n vorige artikel: Liggaam met steekwonde gevind
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'