HESSEQUA NUUS - Lewensredders is noodsaaklik in die gebied en veral met vakansietye is 'n paar ekstra hande nodig.
Hessequa-lewensredders het die naweek van 2 tot 4 November voorbereiding vir hul uitpassering en Desember-vakansie gedoen.
Deeglike opleiding en fiksheid is 'n vereiste. Hulle sal by openbare swembaddens en strande gesien word.
Die manne en vroue se stamina is behoorlik getoets.
Die hele groep lewensredders is hier saam met met nooddienswerkers wat hulle touwys gemaak het.
Danwill Farland, Jaydian September en Aden Erasmus moet hier 'n pasiënt op die regte wyse op die draagbaar laai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'