RIVERSDAL NUUS - Die Helpende Hand Riversdal-tak nooi die gemeenskap uit om op Saterdag 29 Augustus hul stapskoene aan te trek en deel te word van die Droommylstap, ’n gemeenskapsprojek ten bate van mense in nood.
Die stap, wat in samewerking met Keiko KleuterAkademie aangebied word, begin om 08:00 by die skool in Barrystraat 8, Riversdal.
Die doel van die geleentheid is om die gemeenskap bymekaar te bring terwyl daar kos en toiletware vir behoeftige gesinne ingesamel word.
In plaas van ’n inskrywingsfooi word deelnemers gevra om niebederfbare kos of toiletware saam te bring. Koffie en worsbroodjies sal ook tydens die oggend te koop wees.
Die organiseerders moedig inwoners aan om familie en vriende saam te bring en “hande te vat” vir ’n goeie saak.
Vir verdere navrae kan belangstellendes Anna-Marie by 083 704 9917 of Marna by 082 574 9223 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’