Dit spruit uit 'n vorige berig oor die nuwe beweegbare trap wat aangebring is.
Vrae is gestel rakende die grasperk wat tot niet is, asook die trap wat reeds met sand toegewaai is terwyl die vakansieseisoen om die draai is.
In antwoord noem Susan Geldenhuys, media woordvoerder: Hessequa Munisipaliteit dat die beweegbaarheid van die voettrap beperk is en kan dit slegs tot 'n sekere vlak saam met die uitgekalfde sand sak.
"Die voetpaadjie is ontwerp sodat die struktuur gereeld opgetel kan word soos die sand en duin beweeg. Die struktuur word per hand opgetel en weer netjies op die duin wat die natuur gevorm het geplaas".
Ten slotte noem sy dat daar 'n ooreenkoms tussen Hessequa en CoastCare personeel is om die trap daagliks te monitor en in stand te hou. "Hessequa poog om al die strande 100% gereed te kry voor die begin van die feesseisoen".

Die nuwe trap is hier nog sigbaar, maar word gevrees dat dit deur sand toegewaai gaan word soos die trap by die ander ingang na die hoofstrand.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'