SLANGRIVIER NUUS - Ansie Hartnick, gemeenskaps- en kankeraktivis van Slangrivier het die hulp van wyksraadslid, Gerald Boezak, ingeroep om haar met ’n ete vir haar pasiënte by die plaaslike hotel te voorsien.
Die tweegang-ete is Donderdag, 25 Februarie met ses pasiënte en van hul metgeselle, asook ’n paar vrywilligers aangebied.
Die jongste pasiënt, Ellneca Hartnick (6), ’n leukemie-lyer het ook die spoggeleentheid met haar ma, Elzaan Hartnick meegemaak.
Gerald Boezak (heel regs) en Ansie Hartnick (tweede van links) staan by met die groep pasiënte wat die ete bygewoon het. Ellneca Hartnick, die jongste pasiënt staan voor Hartnick.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'