RIVERSDAL NUUS - ‘n Hond wat verlede week sonder eienaar in die omgewing van Durbanstraat, Riversdal rondgeloop het, se eienaar word gesoek.
Volgens Sandra Lotz, voorsitter van Community Animal Rescue Society (CARS) het hulle die hond Saterdag 8 Oktober gaan oplaai.
“Niemand het nog navraag gedoen nie. 'n Fooi per dag word gehef en sal deur die eienaar betaal moet word. Ons benodig ook bewys van eienaarskap.”
Lotz het bygevoeg dat die hond vir aanneming beskikbaar sal wees indien die eienaar nie binne 10 dae na inname hulle kontak nie. Sy kan by 082 962 1831 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'