HESSEQUA NUUS - Gesondheidswerkers het Slangrivier, Heidelberg, Riversdal, Albertinia en Melkhoutfontein vanaf Maandag 11 tot Donderdag 14 Mei vir die deur-tot-deur keuring vir moontlike besmetting van koronavirus besoek.
In gevalle waar daar ‘n vermoede was dat ‘n persoon die virus moontlik onder lede het, sou dié inwoner versoek word om vir ‘n toets te gaan.
Enigiemand mag versoek om buite hul huise gekeur te word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'