HESSEQUA NUUS - Alleenlopende boere en plaasbestuurders, manlik of vroulik in Hessequa wat op soek is na 'n ware liefde, het nou 'n gulde geleentheid om dit dalk op kykNET se gewilde Boer soek 'n vrou te vind.
KykNET soek nou 2023 se oes van boere of plaasbestuurders wat deel wil wees van die 15de seisoen.
Die reeks sal vir 'n derde keer deur Marciel Hopkins aangebied word.
Boere kan op die volgende maniere inskryf
• Besoek www.kyknet.tv waar jy óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai.
• Bel die vervaardigers, Wolflight, by 076 600 6090.
• Stuur ’n e-pos na boer@wolflightsa.com.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'