HEIDELBERG NUUS - Die probleem met bruin water wat inwoners van Heidelberg sedert Saterdag 7 Desember ondervind het, is byna iets van die verlede.
Volgens Hessequa-munisipaliteit word die reservoir tans gespoel en helder water sal weer vanaf Dinsdagoggend 10 Desember beskikbaar wees.
Hoewel die water op die oomblik nog ’n bruin kleur het, is dit skoon, maar die munisipaliteit raai inwoners aan om dit liefs te kook voor gebruik.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'