OUDTSHOORN NUUS - Groot opwinding het onlangs op Oudtshoorn geheers toe die jaarlikse Garden Route Golden Oldies in dié dorp begin het.
Deelnemers, wat almal 60 jaar en ouer is, is vanoor die hele Suid-Kaap en sluit Ladismith, De Rust, Dysselsdorp, Bitou, Hessequa, George, Mosselbaai en Knysna in.
Die departement sport- en kultuursake het die spele die jaar in samewerking met die Wes-Kaapse forum vir ouer persone op die De Jagers-sportterrein aangebied.
Voor die deelnemers aan die items kon deelneem het Katie Scheepers (65) en haar trompoppies oudergewoonte die toeskouers met hul flinke stappies vermaak.
Scheepers sê sy is al 12 jaar deel van die Swartberg ACVV trompoppiesspan en geniet elke oomblik daarvan.
Die items waaraan die bejaardes deelgeneem het sluit onder meer jukskei, 100 m, 500 m, aflositems, die eendstap en dress up in.
'n Span was na Woensdag se verrigtinge gekies wat Oktobermaand in die Vrystaat aan die Nasionale kampioenskappe sal deelneem.
Deelnemers, wat almal 60 jaar en ouer is, is vanoor die hele Suid-Kaap en sluit Ladismith, De Rust, Dysselsdorp, Bitou, Hessequa, George, Mosselbaai en Knysna in.
Voor die deelnemers aan die items kon deelneem het Katie Scheepers (65) en haar trompoppies oudergewoonte die toeskouers met hul flinke stappies vermaak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'