RIVERSDAL NUUS - Twee vragmotors was vandag (21 Oktober) om ongeveer 12:45 in ‘n botsing betrokke.
Die voorval het op die N2, ongeveer 8 kilometer buite Riversdal naby Kweekkraal gebeur.
Niemand is beseer nie.
‘n Stop-en-ry is in plek omdat die vragmotor wat kaas vervoer het, in die een baan op sy kant lê. Die polisie en nooddienste is nog op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'