HESSEQUA NUUS - ‘n Ongeluk op die N2 tussen Riversdal en Heidelberg het ‘n tweede ongeluk opgelewer, toe ‘n ander motoris teen die polisievoertuig op die toneel gebots het.
Volgens konstabel Venia Daries (kommunikasiebeampte Riversdal-polisie) het ‘n verbygaande motoris die polisievoertuig wat Sondagaand, 19 Julie ongeveer 20:00 by ’n ongelukstoneel gestaan het, te laat raakgesien.
Niemand is in enige van die ongelukke ernstig beseer nie.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'