ALBERTINIA NUUS - Hessequa-munisipaliteit waarsku inwoners van Theronsville, Matoppostraat, Reservoir, Hofstraat, Hoofstraat en Kerkstraat dat hulle op Donderdag 21 November vir etlike ure geen water sal hê nie.
Die toevoer sal van 08:00 tot 16:00 afgesluit wees.
Volgens die munisipaliteit moet noodsaaklike herstelwerk aan die waternetwerk gedoen word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'