HESSEQUA NUUS - Anwyn's Acro Dance Academy van Riversdal en Stilbaai het vir kykNET se 'Dans in jou Taal' ingeskryf. Die groep het reeds 1 Februarie ingeskryf en op Woensdag 18 Julie in George deelgeneem.
Met die hulp van die publiek se stemme, is hulle deur na die finaal wat Vrydag 31 Augustus in Pretoria sal plaasvind.
Hulle het vir die oop kategorie ingeskryf omdat dansers in dié groep, tussen die ouderdom van 5 en 17 is.
Die afrigters, Anwyn Winterbach en Claire van Tonder, het besluit om vier danse te kombineer waaronder ballet, kontemporêr, hip-hop en akro. Hul afrigters glo dat dit goeie ondervinding was.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'