Nadat daar die afgelope week 'n yslike 103 mm reën in Riversdal se opvanggebied uitgesak het, loop die Korentepoortdam oor.
Vir Juniemaand is 141 mm tot dusver gemeet.
Die stand van feitlik al die ander damme is onveranderd, maar Olive Grove het met 1% tot 95% gedaal.
Die jongste stand van damme oor die afgelope tyd is as volg:
3 Junie
Korentepoortdam - 97%
Duivenhoksdam - 97,1%
Olive Grove - 96%
Jongensfonteindam - 100%
10 Junie
Korentepoortdam - 100%
Duivenhoksdam - 97,1%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 100%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’